Elizabethaanse teater

'n Skets van The Swan

Elizabethaanse teater of die Engelse Renaissanceteater verwys na die ontwikkeling van teater tydens die Renaissance in Engeland, rofweg tussen die begin van die 16de eeu en 1642, die jaar waarin die teaters op las van die Puriteine (aan die begin van die Engelse Burgeroorlog) gesluit is. Die term Elizabethaanse teater kan egter verwarring veroorsaak, aangesien 'Renaissanceteater' nie net na die tyd van Elizabeth I verwys nie, maar ook na die daaropvolgende tydperke onder Jacobus I en Karel I. William Shakespeare was een van die prominentste dramaturge, digters en skrywers van die era.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search